Klyntjies van The Rare Library
![Klyntjies van The Rare Library](https://images.squarespace-cdn.com/content/v1/5a7183c849fc2b9e16e73e16/1556738249364-MQ0TG3J4SFVH02RTOUPL/Recently+Updated5.jpg)
Ses van die bestes
Vanaf Maart 2018 verskyn daar sporadies nuwe uitgawes van die reeks Klyntjies. Die stories is saamgebring en vervaardig deur Juanita Køtzé, geken as The Rare Librarian aan hoof van The Rare Library, in samewerking met Klyntji. The Rare Library se reeks fotosketse is van kleurvolle en kreatiewe karakters in die kenmerkende styl van hulle verkose kunsvorme. Die akteurs, sangers, visuele kunstenaars, muses en ’n skrynwerker word na vore gebring deur fotograwe Bernard Brand, SJ van Zyl en Merwelene van der Merwe, en ’n gedugte span ontwerpers, stiliste en grimeringkunstenaars. Hier is uitgawe een tot ses.
Uitgawe Six Love
Die Liefdes Ope
Met Dean John Smith, Jacques Bessenger, Len-Barry Simons en Llewellyn van der Berg.
Uitgawe Klyn 5
Vyf Verruklike Veelsydige Vlugvoetige Verskeidenheidskunstenaars
Met Jane de Wet, Nicole Fortuin, Riaan Visman, Jazzara Jaslyn en Trix Vivier.
Uitgawe Kwart
OCTAVIA
Met Octavia Roodt.
Uitgawe DRIELUIK
Die ontluikende stemme van Lynelle Kenned
Met Lynelle Kenned.
Uitgawe Tweespel
SkoneSkraleSketsendeSkertsendeSkeppendeSteynSussies
Met Marlene Steyn en Christi Steyn.
Uitgawe EEN plus EEN
Die Skrynwerker, sy Muse, en die Ou Kas
Met David Krynauw, Jasmyn Pretorius en die Ou Kas.
![](https://images.squarespace-cdn.com/content/v2/namespaces/memberAccountAvatars/libraries/5a7183c55ce3504cec94edca/8c7760d2db4f496e8433b607e0d80652/8c7760d2db4f496e8433b607e0d80652.jpeg?format=300w)
Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896
Ons bou aan ’n moderne beeld van hoe Afrikaanswees lyk, lees en klink. Het jy van Klyntjies van The Rare Library gehou? Dan ondersteun ons. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy gelys.![Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand](https://images.squarespace-cdn.com/content/v1/5a7183c849fc2b9e16e73e16/1632150952454-OPJL876TFUUNBQWIYUYD/130+%282%29.png)